Zemene Mesafint

Ethiopiese vegters tydens die Zemene Mesafint.
Keiserin Mentewab, ’n belangrike figuur tydens die Zemene Mesafint, lê voor Maria op ’n skildery deur Narga Selassie, 1748.

Die Zemene Mesafint (Ge'ez: ዘመነ መሳፍንት, vertaal as "Era van Regters" of "Era van Prinse", na aanleiding van die Bybelboek Rigters) was ’n tydperk in die geskiedenis van Ethiopië tussen die middel 18de en middel 19de eeu toe die land de facto verdeel was in verskeie streke, sonder ’n sentrale owerheid. Die keisers van die Salomoniese Dinastie was nie veel meer as skynhoofde nie en was beperk tot die destydse hoofstad, Gondar.

Die mag was in die hande van lords, van wie die magtigstes dié van die Yejju-Oromo was[1] (Ras Ali I, Ras Aligaz, Ras Wolde Selassie, Ras Gugsa en Ras Ali II). Ander streeksadellikes sluit in Ras Hailu Yosedeq, Dejazmach Wube Haile Mariam en koning Sahle Selassie van Shewa.

Die lords het aanhoudend teen mekaar baklei om die belangrikheid van hulle gebied te vestig en om die wagters van die keiser (of "koning van konings") in Gondar te word. Die monargie het net in naam bly voortbestaan omdat dit as heilig beskou is, en dit het gekeer dat dit uitsterf.[1]

  1. 1,0 1,1 Shiferaw Bekele, The State in the Zamana Masafent (1786-1853), p. 25

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search